Matrieks in Margate

Vry om te vier?



Margate 2011: 'n Ondersoek

Die aptekers moet skarrel vir "morning after"-pille en die kroegmanne moet tap laat dit klap.

Dis hoe dit gaan in Margate wanneer 'n horde skoolverlaters jaarliks hulle vryheid gaan vind en vier aan die Suidkus van KwaZulu-Natal.

'n Dokumentêr van twee episodes wat op 19 en 20 Desember 2011 hier gepubliseer sal word, neem die Margate-migrasie, die pret en die gefuif wat daar plaasvind onder die loep.

"Die uitgangspunt was nie een van 'name en shame' nie, maar wel om weer te gee tot hoe 'n mate skoolverlaters deesdae omgaan met hul nuutgevonde vryheid," meen Le Roux Schoeman, 'n vervaardiger by Media24 se digitale span.

Nadine Theron, 'n multimedia-joernalis, het die dokumentêr oor vier dae verfilm. "Ek gaan na al wat 'n fees is en kuier self baie, so ek was verras dat die jonger mense my so kon skok het," vertel Theron. "Ek het verwag dat daar morsig baie gedrink gaan word, maar dit wat ek sommer met die intrapslag ervaar het, het my onkant gevang."



Toestemming

Die vervaardigers het uit hulle pad gegaan om sover moontlik diegene wat afgeneem word en met wie onderhoude gevoer is, daarvan bewus te maak dat die beeldmateriaal vir nasionale mediagebruik is.

"Die matrieks wou verskriklik graag in die video's en foto's wees en het my heeltyd oorval met foto-versoeke," vertel Theron. "Hulle het ekstra-uitlokkend begin dans of rowwer begin vry wanneer hulle bewus word van die kamera. Ek het gedink hulle sou skaam wees, dat ek hulle sou moes oorreed om met 'n joernalis te gesels, veral op video. Maar ek dink dis 'n MK-generasie ding…Hulle het baie gemaklik en soms baie vermaaklik opgetree wanneer hulle met die kamera gesels oor hulle avonture, soos TV aanbieders."



Kommentaar

Voorskou



Episode 1



Episode 2